Valk help pendelaars teen duiwe-bolla

Verbruikers van San Fransisco se metrostelsel, ‘n bogrondse treinnetwerk in die stad, kry verligting van duiwe-bolla sedert die vyf-jarige valk Pac-Man, aan diens is. Volgens berigte is daar duisende duiwe wat daagliks pendelaars op die manier teister en Pac-Man en sy hanteerder Ricky Ortiz is ingekontrakteur om die duiwe te verjaag. En dit werk. In die eerste week was daar die helfte minder duiwe. Die twee patrolleer drie dae per week, en skrik enige duiwe weg wat op ‘n lysie of op die binneste steierwerk van die stasie rus. Ortiz probeer keer dat Pac-Man aan die duiwe smul nie, so hy kry eetgoed deur die dag om sy pensie vol te hou.