Vakbondman kap staatsvakbonde oor ooreenkoms

Die adjunk-sekretaris-generaal van die Staatsdiens-unie van Namibië, Ujama Kaahangoro, het vandag na die Namibiese Nasionale Onderwysers-unie, Nantu, en Namibiese Vakbond vir Staatsdienswerkers, Napwu gekap en hulle daarvan beskuldig dat hulle versuim het om staatsamptenare regverdig te verteenwoordig om ‘n salarisverhoging en ander voordele te beding. Dit is nadat Napwu en Nantu ‘n ooreenkoms met die regering onderteken het vir ‘n 3 persent-salarisverhoging. Kaahangoro het die media in Windhoek toegespreek.