Vakbond vir tronkbewaarders het kommer oor lede se veiligheid

Die vakbond vir Korrektiewe Dienstewerkers vra verbeterde toesig en sekerheid in korrektiewe inrigtings. Dit volg op die onlangse klopjagte deur die departement waartydens sluikhandel oopgevlek is. Die vakbond veroordeel gevangenes by die Boksburg-korrektiewe fasiliteit vir die stig van ‘n brand om ‘n selfoonsoektog te ondermyn. Die woordvoerder van die vakbond Alude Jizana vra die minister van Korrektiewe Dienste Pieter Groenewald om die veiligheid van gevangenes en beamptes te prioritiseer: