Vakbond veroordeel Arbeidskommissaris oor sloer van sake

Die Namibiese Arbeidsministerie het sy jongste kwartaalverslag vir die finansiële jaar 2020-2021 bekendgestel. ‘n Deel van die verslag wat Mahongoro Kavihuha, die Sekretaris-Generaal van die Vakbondkongres van Namibië ontstel, is die aantal sake wat deur die Arbeidskommissaris opgelos is. Uit die 1 053 sake, is 481 sake opgelos. Altesaam 69 persent sake is deur versoening opgelos en 31 persent deur arbitrasie. Mahongoro het aan Kosmos 94.1 gesê dié syfers is ‘n aanduiding dat die Arbeidsministerie nie ernstig is om sake van werknemers op te los nie. Hy bevraagteken ook die partydigheid van die Kantoor van die Arbeidskommissaris.