Vakbond kyk ook na verpleërs werksomstandighede

Die Verpleegsters-unie van Namibië is steeds besig om verpleegsters te werf. Verlede maand het hulle die Suide besoek en vandeesweek is hulle in die Noorde. Vandag word besoek afgelê by Engela en die Onandjokwe-hospitaal, môre is hulle by die Oshakati- en Oshikuku-hospitale en Vrydag by die hospitale van Outapi en Opuwo. Junias Shilunga, die sekretaris-generaal van die vakbond, sê hulle gaan kyk hoe lyk werksomstandighede by hospitale.