Vakbond kla by ACC oor werwingproses vir hoofstadbaas

Die vakbond vir werkers van plaaslike owerhede in Namibië, Nalawu, het die Teenkorrupsie-kommissie gevra om die werwingsproses wat deur Stad Windhoek benut is vir ‘n uitvoerende hoof, ondersoek. Die stadsraad se voorsitter en burgemeester van die hoofstad, Sade Gawanas, het onlangs gesê die proses is hersien en daar is bevind dat daar nie ongerymdhede was nie. Intussen het die lyn-minister Uutoni Nujoma ook vir ‘n verslag in die verband gevra voor hy die aanstellings, soos deur die raad voorgestel, van Conrad Lutombi kan goedkeur. Die vakbond sê die tussentydse uitvoerende hoof George Mayumbelo het ingemeng in die proses en hy het dokumentasie aan die aantyging te staaf.