Vakbond hoop op antwoord om staking af te weer

Vandag is die sperdatum van die Namibian Revolutionary Transport Union wat hy aan die Namibiese Werkgewersfederasie gestel het vir ‘n ingryping in die vervoerbedryf. Die vakbond meen daar is uitbuiting van werkers in die industrie en wil hê die federasie moet intree of, ‘n grootskaalse staking sal plaasvind. Petersen Kambinda, die vakbond se sekretaris-generaal sê daar is nog geen antwoord ontvang nie maar hulle het steeds hoop.