Uvalde-skietery: Polisie het hul lewens voor die kinders s’n gesit

Die hoof van die Texas-staatspolisie Steve McCraw het duidelike en nadruklike kritiek teenoor die polisie se reaksie op ‘n skietery verlede maand by die Robb Laerskool in Uvalde, Texas, waar 19 graad-4 kinders en twee onderwysers dood is.

Maar, dit het amper ‘n uur en 20 minute geduur voor die verdagte geskiet is. Hy sê die bevelvoerder het die lewens van die beamptes voor die van die kinders geplaas.