Uutoni loof Shackdwellers Federation

Die Namibiese minister van stedelike ontwikkeling, Erastus Uutoni, het die Shackdwellers Federation of Namibia geloof vir die konsekwentheid van die bou en gebruik van huise regoor die land. Hy sê die federasie is landwyd nommer een vir die bou van duisende huise vir lae-tot-middel-inkomsteverdieners. In sy mening is die fedrasie die regte oplossing vir Namibië se behuisingskrisis en dit is die moeite werd om hom te ondersteun. Die minister het plaaslike leierskap aangemoedig om altyd grond aan lae-tot-middel-inkomsteverdieners beskikbaar te stel. In sy mening is dit ‘n wen-wen situasie omdat dorpe formeel uitbrei wat plaaslike owerhede se inkomstebasis vergroot.