US$7 – 23 miljard in onwettige wildhandel, jaarliks

Wettige handel in wildlewe en –produkte is internasionaal 220 miljard Amerikaanse dollar per jaar werd terwyl onwettige handel in die produkte tussen 7 en 23 miljard dollar jaarliks verdien. Dit is volgens die eerste verslag oor wêreldwye handel in wildlewe en hul produkte wat by COP19 bekendgestel is. Die verslag, wat gebaseer is op 1,2 miljoen Cites-permitte wat jaarliks uitgegee word vir spesies wat onder die organisasie val, bevat ook die roetes van die handel sowel as die sosio-ekonomiese en ekologiese waarde van wettige handel. Maar, dit toon ook hoe onwettige handel verbind is met wettige handel.