Urbas se kommentaar oor Mboma verdien geen aandag nie

Die hoofadministrateur van die Namibiese Sportkommissie Freddy Mwiya het reageer op die kommentaar deur Marcin Urbas, ‘n voormalige Olimpiese kampioen in die mans 200-meter. Die Pool het in venynige taal op sy sosiale media platforms die Internasionale Olimpiese Komitee gevra om ondersoek in te stel na die geslag van die Namibiese Olimpiese kampioen Christine Mboma. Mboma het gister die silwer medalje in die 200-meter gewen in ‘n tyd van 21,81 sekondes. Hy het die plasing later verwyder en daar is tot op hede geen reaksie van die Internasionale Olimpiese Komitee nie. Mwiya sê Urbas se kommentaar verdien geen aandag nie.