Uranium One se interaksie met Namibië duur voort

Rosatom se adjunkdirekteur-generaal vir ontwikkeling en internasionale sake, Kirill Komarov, sê sy sustersmaatskappy Uranium One se Wings-projek in Namibië se uraan-neerslag het groot potensiaal, veral gegewe die feit dat uraanpryse groei. Hy sê daar word nie genoeg verduidelik wat hulle in die Omaheke-streek doen en hoekom in-situ loging veilig is vir die omgewing nie. Hy sê dié metode word al lank in Rusland en Kazakstan gedoen. Komarov sê die projek kan beleggings tot ‘n half-miljard Amerikaanse dollar vir Namibië inbring. Hierdie projek sal 600 werksgeleenthede by die myn genereer en tienduisende werksgeleenthede in aangrensende ekonomiese sektore. Rosatom is gereed om voort te gaan met interaksie met die regering en die plaaslike gemeenskappe, sê die kommunikasiekonsultant van Uranium One, Riaan van Rooyen aan Kosmos 94.1 Nuus.