Uraan sal bly styg, goeie nuus vir die plaaslike bedryf

Die Suid-Afrikaanse energie-kenner en –ekonoom, Chris Yelland, is van mening dat die prys van uraan sal bly styg en die vraag na kernkrag sal toeneem, veral met die uitdagings van klimaatsverandering en die oorlog in Oos-Europa. Uraan het weer gewild geword en bedrywighede aan die Namibiese kus begin oor stelselmatig hervat. Yelland sê die nabye toekoms lyk goed.