Universiteit van Kaapstad is Afrika se beste universiteit

Die Universiteit van Kaapstad het sy plek as Afrika se beste op die Times-ranglys vir hoër onderwys behou en is saam met die Universiteit van Notre Dame in die 183ste plek wêreldwyd. Meer as 1 600 instellings is by die 2022-lys betrek. ‘n Woordvoerder, Elijah Moholola, sê dit volg net twee weke nadat die universiteit een plek verbeter het op ShanghaiRanking se akademiese ranglys van die wêreld se beste universiteite en nou daarop ook die beste in Afrika is.