Universiteit Stellenbosch ondersoek verpligte inentings

Die Universiteit Stellenbosch se raad het opdrag gegee vir die dringende ontwikkeling van ‘n inentingsreël by die instelling. Die universiteit het op 27 Augustus ‘n taakspan aangestel om die risikobepaling uit te voer soos vereis ingevolge ‘n gesondheids- en sekerheidsvoorskrif wat in Junie afgekondig is. Die rektor en visekanselier, Wim de Villiers, bevestig die instelling ondersoek die moontlikheid van verpligte inentings, soos ander instellings en organisasies in Suid-Afrika en wêreldwyd.