United Airlines en Airlink deel kodes

Die Amerikaanse lugredery United Airlines het ‘n nuwe kodedelings-ooreenkoms met die plaaslike lugredery Airlink bekend gemaak, wat deel vorm van sy uitbreiding na Suid-Afrika. Die nuwe ooreenkoms, wat onderhewig is aan die regering se goedkeuring, bied eenstop-verbindings van die VSA na meer as 40 bestemmings in Suider-Afrika. Airlink se uitvoerende hoof en besturende direkteur, Rodger Foster, sê Noord-Amerika is ‘n belangrike bronne-mark en die kodedeling sal dit vir kliënte vergemaklik om na die Krugerwildtuin en Kaapstad te reis. United sal die eerste lugdiens wees wat sy lojaliteitsprogram met Airlink verbind. Airlink vlieg ook na Namibië toe.