Unicef skenk Covid-behandeling

Die Namibiese gesondheidsministerie het 400 000 ampules deksametasoon van Unicef ontvang. Deksametasoon is een van die medikasies wat deur die Wêreldgesondheidsorganisasie aanbeveel en goedgekeur word vir behandeling van Covid-19. Dit word gebruik vir onder andere, artritis, bloedklonte, allergiese reaksies en selfs asma en self asemhalingsprobleme. Die medikasie is ook deur die Namibiese Medisynebeheerraad goedgekeur. Die deksametasoon word in Griekeland vervaardig. Die uitvoerende direkteur van die ministerie, Ben Nangombe praat met Kosmos 94.1 Nuus.