Unam, Wanderers in massiewe Premierlige-eindstryd
’n Massiewe Premierliga-rugbyeindstryd lê voor wanneer FNB Unam en FNB Wanderers vanmiddag in die Hage Geingob Nasionale Rugbystadion kragte meet. Beide spanne het bo die ander spanne uitgetroon in die liga hierdie seisoen, met Unam wat bo-aan die punteleer geëindig het met 77 punte en Wanderers net twee punte agter hulle op 75. Kudus was derde met 62 punte. Die eindstryd skop om half-vier af en word voorafgegaan deur die reserweliga-eindstryd tussen FNB Wanderers II en FNB Kudus II om half-twee. Die vroue-eindstryd tussen Unam Steenbokkies en Wanderers Bokkies het 12-uur begin.