Unam se inentingsveldtog kry hupstoot

Unam Cares het ‘n skenking van 600 000 Namibiese dollar van ‘n konsortium versekeringsmaatskappye, naamlik Vaccines for Hope ontvang. Dit sal die Unam Cares-inentingsveldtog ‘n hupstoot gee, ook deur middel van mobiele inentings aan gemeenskappe in nabygeleë dorpe van die hoofstad, asook in afgeleë landelike gebiede. Die Universiteit van Namibië se woordvoerder, John Haufiku, praat met Kosmos 94.1 Nuus.

Haufiku het ook gesê hulle is tevrede met die inentings by die universiteit, maar dit kan aansienlik beter doen.