Unam sê Afrika Millimeter Teleskoop gaan in Namibië gebou word

Die Universiteit van Namibië sê opwindende astronomiese dinge vind in Namibië met die Afrika Millimeter Teleskoop-projek plaas. Dit is ‘n gesamentlike projek tussen die Radboud Universiteit in Nederland en Unam. Die teleskoop sal in die volgende drie jaar in Namibië gebou word. Dit sal ‘n belangrike skakel vorm in die netwerk van millimetergolwe teleskope regoor die wêreld wat in 2019 die eerste foto ooit van ‘n swart gat gekry het.