Unam gee nuwe eksamendatums

Die Universiteit van Namibië het nuwe datums vir die eindeksamen uitgereik vir sekere vakke waarvan die vraestelle onlangs uitgelek het. Die studente herskryf die eksamen vanaf 23 tot 25 November. Dr. Marius Kudumo, direkteur van korporatiewe en internasionale betrekkinge by Unam, sê aan Kosmos 94.1 Nuus daar kan ‘n vertraging wees om die uitslae van hierdie modules bekend te maak.

Dr. Kudumo sê die ondersoek duur voort.