Unam Cares-inentingskliniek slegs môre vir tweede inentings oop

Die Unam Cares-inentingskliniek sal slegs môre oop wees vir tweede inentings van Sinopfarm en AstraZeneca. Unam ondersteun die Namibiese gesondheidsministerie in die stryd teen die Covid-pandemie. Hierdie is ‘n gemeenskapsinisiatief van die kantoor van die vise-kanselier. Die inentingskliniek sal vanaf môreoggend nege-uur tot vier-uur by die universiteit se ontspanningsentrum op die hoofkampus in Windhoek oop wees. Die Universiteit van Namibië se woordvoerder, Simon Namesho, gesels met Kosmos 94.1 Nuus.