Umalusi besorg oor onreëlmatighede in eksamens

Suid-Afrika se gehalteversekeringsliggaam vir onderwys, Umalusi, is steeds besorg oor die voorvalle van onreëlmatighede wat aangemeld is tydens die skryf van die eksamen vir die Nasionale Senior Sertifikaat. Meer as ‘n miljoen kandidate het die 2022-eksamen afgelê. Die uitvoerende hoof van Umalusi, Mafu Ramoketsi, sê verskillende strawwe is opgelê vir kandidate wat skuldig bevind is aan onreëlmatighede met die eksamen.