Zuma-parool ‘n geleentheid vir opposisie

Die mediese parool van die voormalige president Jacob Zuma is een vonk minder in die kruitvat van die ANC se politiek. Dit is die mening van die politieke ontleder Daniel Silke. Die besluit om Zuma op mediese parool vry te laat volg twee maande na hy as ‘n gevangene by die Estcourt korrektiewe sentrum in KwaZulu-Natal opgeneem is. Silke sê dit bied aan opposisiepartye ‘n gulde kans om die regering oor die kwessies van aanspreeklikheid en deursigtigheid aan te vat: