Uitspraak vir sokkersaak eers 30 Junie

Die Namibiese Arbitrasiehof vir Sport se Afdeling vir Appèl-arbitrasie het die uitspraak van die Namibiese Premierliga en die Namibië Sokkervereniging tot 30 Junie uitgestel. Die hofgeding spruit uit die NPL wat as ‘n lid van die NFA geskors is ná ‘n langdurige vete tussen die twee sportliggame. NFA se Sekretaris-Generaal, Franco Cosmos, het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê hulle het die brief ontvang.