Uitspraak verwag in PDM-saak oor Noa

Regter Collins Parker sal na verwagting binnekort uitspraak lewer in die dringende aansoek wat deur opposisie partye gebring is. Die Speaker van die Nasionale Vergadering professor Peter Katjvavi word deur die partye gedagvaar. Die hoofaansoeker in die saak, die PDM, sê hulle vra die interdik in verband met die aanstelling omdat daar onreëlmatige prosedures in die Nasionale Vergadering was met die verlenging van die proklamasie deur President Hage Geingob om die aanstelling van Noa te bespreek. Manuel Ngaringombe, die PDM se sekretaris-generaal sê hulle is vol vertroue dat die uitspraak in hulle guns sal wees.