Uitsettingsbevel teen onwettige besetters by SuperSport Park in Centurion

Die Stad Tshwane en die eienaar van private eiendom het ‘n uitsettingsbevel teen onwettige besetters naby SuperSport Park suksesvol uitgevoer. Die eiendom in private besit is beset en deur verskeie individue vir informele vullisherwinning gebruik. ‘n Woordvoerder van die stad, Sipho Stuurman, sê die besetters van die perseel is intussen verwyder, en die eienaar het onderneem om die plek dadelik behoorlik skoon te maak.