Uitlaatgasse styg weer, sê internasionale agentskap

‘n Ontleding wat deur die Internasionale Energie-agentskap bekend gemaak is, sê die vrystelling van olie, gas en steenkool is weer aan die styg. Die organisasie se wêreldwye metaan-nasporingsverslag beveel ook groter deursigtigheid en onmiddellike optrede aan. Die ontleding sê die wereldwye metaangasvrystelling van die energiesektor is sowat 70 persent hoër as die hoeveelhede wat regerings amptelik verstrek. Die verslag beklemtoon die dringendheid van sterker beleidsoptrede om kweekhuisgasse te verlaag. Die nasporingsverslag sluit in die jongste opnames van satelliete en ander wetenskaplik-gebaseerde metingsveldtogte.