Uiters belangrike reeks vir die Eagles begin vandag

Die Richelieu Eagles kom vanoggend om half-tien teen die VSA op Wanderers in die hoofstad te staan. Ses spanne gaan van vandag af tot 5 April in Windhoek meeding in hul hoop om hul plek na Zimbabwe in Junie te bespreek vir die IKR Wêreldbeker-kwalifikasie. Namibië is tans vierde op die ranglys in die Liga Twee-reeks en sal moet uithaal om onder die top-twee te eindig in die kwalifiserende uitspeelwedstryd in Windhoek. Die vier ander spanne is die Verenigde Arabiese Emirate, Papua Nieu-Guinee, Kanada en Jersey.