Uitdagings met voltooiing van Clanwilliamdam

Uitdagings met die voltooiing van die Clanwilliam-damprojek in die Wes-Kaap is bloot ‘n mikrokosmos van die algemene voorraadketting-voorsieningskwessies wat die ANC-beheerde administrasie geskep het. Dit is die mening van ‘n DA-lid van die provinsiale wetgewer. Andricus van der Westhuizen het President Cyril Ramaphosa gevra om te fokus op ondoeltreffenhede in die openbare sektor wat ‘n uitwerking het op landbou en landelike gemeenskappe. Hy sê dis nou 12 jaar sedert die projek van stapel gestuur is.