Uefa oorweeg onttrekking uit St. Petersburg

Die Europese beheerliggaam Uefa oorweeg dit om die eindstryd van die Kampioeneliga uit die Russiese stad St. Petersburg te verskuif weens die krisis in Oekraïne. Moskou het gister tenks na separatistiese streke in sy buurland gestuur, wat gelei het tot ‘n reuse internasionale reaksie en vrese oor ‘n volskaalse inval. Verskeie lande het reeds sanksies teen Rusland aangekondig. Die eindstryd is beplan vir die 28ste Mei en die Wêreldbeker-uitspeelwedstryd wat volgende maand tussen Rusland en Pole in Rusland plaasvind, is ook moontlik in die gedrang.