UDM-vroue vies vir Nestlé
Die Vroue-organisasie van die UDM veroordeel Nestlé wat na bewering babakos met suiker bygevoeg verkoop in lae- en middel-inkomstelande, terwyl suiker-vrye weergawes van dieselfde handelsmerk aangebied word in Westerse markte. Na ‘n ondersoek deur Public Eye en die Internasionale Babkos-aksienetwerk het kommer ontstaan oor moontlike diskriminasie en gesondheidsrisiko’s vir Afrika-kinders. Die UDM-vroue vra aanspreeklikheid en billike toegang tot gesonde kos vir alle kinders.