Uber-fluitjieblaser sê oortredings was bewustelik

Uber se voormalige propagandabaas, Mark MacGann, sê die gemak waarmee die maatskappy die hoogste vlakke van mag in lande soos die Verenigde Koninkryk, Frankryk en Rusland binnegedring het, was bedwelmend en onregverdig. MacGann het na vore getree as die bron van die verdoemende Uber-lêers, wat gister uitgelek is. Die onthulling toon hoe geheime vergaderings, hoëvlak-gunssoekery en private transaksies bygedra het om vooraanstaande politici sover te kry om Uber se aggressiewe uitbreiding in Europa te steun. Volgens MacGann het die maatskappy bewustelik wette in dosyne lande verontagsaam en mense mislei.