Tye is onseker, werk versigtig met jou geld

‘n Plaaslike ekonoom maan Namibiërs om hul geld tydens die feesseisoen versigtig te bestee. Mense wat hul jaarlikse bonus ontvang, word gemaan om hul geld wys tydens die feesseisoen te bestee, want niemand weet wat die nuwe jaar inhou nie. Ekonoom Gabriel Erastus sê aan Kosmos 94.1 Nuus verskeie sektore in die ekonomie gaan nog 2022 lendelam binne.