‘Twitter gaan nog baie dom dinge doen’

Twitter het Woensdag ‘n nuwe grys “amptelike” etiket vir sommige hoëprofiel-rekeninge onthul, en toe byna onmiddellik geskrap. Elon Musk het etlike ure na die bekendstelling getwiet dat dit geskrap is, na die nuwe merker by regeringsrekeninge gevoeg is, sowel as dié van groot maatskappye en mediagroepe. Volgens Musk sal Twitter nog baie dom dinge in die komende maande doen. Die skielike veranderings sal verdere ondersoek na Musk se planne vir Twitter veroorsaak, ‘n week nadat hy duisende werkers afgedank het en ‘n massiewe daling in besteding deur adverteerders aangeteken het. Die mislukte bekendstelling kom voor die bekendstelling van ‘n opgeknapte intekeningsmodel waar die platform se beroemde blou voëltjie beskikbaar gestel sal word teen ‘n fooi van 8 Amerikaanse dollar.