Twitter: Gaan Musk of gaan hy nie?

Beleggers wat bespiegel of Elon Musk sy aankoop van Twitter, teen ‘n koopprys van 44 miljard Amerikaanse dollar sal deurvoer, het veroorsaak dat die maatskappy se aandele tot hul Laagste vlak gedaal het sedert die transaksie twee dae gelede aangekondig is. Daar is kommer dat Musk dalk nie genoeg geld het om sy kontantbydrae van 21 miljard dollar te finansier nie en hy kan ook besluit om nie van sy Tesla-aandele te verkoop om daarmee vorendag te kom nie. Hy het al voorheen ‘n ommekeer gemaak.