Twitter dagvaar Elon Musk

Twitter het ‘n hofsaak aanhangig gemaak teen die miljardêr, Elon Musk, nadat hy besluit het om sy voorgestelde oorname van die sosiale mediamaatskappy terug te trek. Die transaksie sou Musk 748 miljard Namibiese dollar uit die sak jaag. In ‘n hofaansoek van 62-bladsy beweer Twitter Musk het die oorspronklike ooreenkoms verbreek en onttrek omdat dit nie langer sy persoonlike belange dien nie. Twitter het ‘n hof in Delaware gevra om Musk opdrag te gee om die oorname af te handel teen die ooreengekome prys van 921 Namibiese dollar en 31 sent per Twitter-aandeel.