Twintig20-einstryd – Rocks teen die Titans

Die Rocks en die Titans meet vanmiddag kragte in die eindstryd van Krieket Suid-Afrika se Twintig20-uitdaagreeks in Gqeberha. Die Rocks het die Westelike Provinsie in hulle halfeindstryd verslaan en die Titans het die Dolphins oorrompel. Die span van die Paarl het ‘n oorwinning van sewe paaltjies behaal met nog elf aflewerings oor. Die Proteas se draaibalbouer Tabraiz Shamzi, het ‘n drie-kuns vir die Titans-span van Pretoria behaal om die span van KwaZulu-Natal met ses paaltjies plat te vee met 35 boulbeurte oor.