Tweede Wêreldoorlog-bom in droë rivier in Italië gevind

‘n Bom wat uit die Tweede Wêreldoorlog dateer en wat nie destyds ontplof het nie, is blootgelê in ‘n rivier in Italië nadat die watervlak weens die voortslepende droogte daar verder gedaal het. Die bom, wat 450 kilogram weeg, is deur vissermanne op die oewer van die byna kurkdroë Porivier gevind. Groot dele van die Po, wat 650 kilometer lank is, het al opgedroog weens die ergste droogte in Italië in 70 jaar. Italiaanse militêre personeel sê die bom bevat 240 kilogram plofstof en is naby die dorpie Borgo Vigilio ontdek. Dit was ‘n moeilike taak om die Amerikaanse bom ná ‘n beheerde ontploffing op te ruim.