Tweede vergadering tussen boere en polisie

‘n Tweede vergadering tussen boere in die Witvlei en Omitara gebiede en die Namibiese polisie sal die komende Saterdag om half-elf weer plaasvind by Rooikraal van Marina Lamprecht. Kwessies van misdaad, wat in April bespreek is sal onder die loep kom en die goewerneur van die Omaheke-streek Pijoo Nganate sal ook teenwoordig wees. Lamprecht het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.