Tweede Suider-Afrika-konferensie oor epidemiologie vind in Windhoek plaas

Die 2de Suider-Afrika-konferensie oor epidemiologie het in Windhoek begin met verskeie gesondheidskenners en professionele persone uit Afrika wat dit bywoon. Die konferensie wat deur die Suider-Afrikaanse Veld Epidemiologie-netwerk gereël word, sal kyk na navorsing en gevallestudies oor siekte-uitbrekings. Die Namibiese adjunkminister van gesondheid, dr. Esther Muinjangue, het die konferensie amptelik geopen wat tot Vrydag duur.