Twee vermeende renosterstropers buite Etosha vasgetrek

Die woordvoerder van die Namibiese omgewingsministerie, Romeo Muyunda, het bevestig dat twee verdagtes in verband met die stropery van 11 swartrenosters in die noordweste van die Etosha Nasionale Park, buite die park in hegtenis geneem is.
Omgewingsminister Pohamba Shifeta het by die Wildlewe-beskermingsforum wat tans in die hoofstad aan die gang is, belowe die renosterstropers sal vasgetrek word.
Muyunda sê aan Kosmos 94.1 Nuus hulle is warm op die spoor van nog verdagtes.