Twee veldbrande woed buite Windhoek

Twee veldbrande woed tans buite Windhoek. Een veldbrand is by Avisdam en die ander by die Tony Rust-renbaan op die Daan Viljoen-pad. Albei veldbrande word deur brandbestrydingspanne bestry, volgens Stad Windhoek. Die brand by Avisdam is bedwing, maar dit het glo oor die teerpad na Droombos gespring. Die ander span gee aandag aan die brand by die Daan Viljoen-pad. Motoriste word gewaarsku oor rook wat sig kan beïnvloed. Marshal Ranger Sean Naude.