Twee vas wat hiëna wreed doodmaak

Met behulp van die publiek is twee verdagtes in hegtenis geneem in verband met die wrede dood van ‘n hiëna in die Noorde. Die Namibiese omgewingsministerie het bevestig dat die verdagtes in die Okahao-distrik in die Omusati-streek in hegtenis geneem is. Dit volg nadat ‘n ontstellende video van die wrede dood van die hiëna op sosiale media versprei is en die ministerie die hulp van die publiek versoek het om die verdagtes op te spoor. Die ministerie waarsku die publiek oor soortgelyke wildmisdaad en sê dit sal dit nie duld nie.