Twee vas vir onwettige handel in wildprodukte

Die Namibiese polisie het steeds uitdagings met die onwettige handel in wildlewe produkte. Volgens die mag is ‘n 36-jarige verdagte die naweek by die Kamanjab stortingsterrein vasgetrek in besit van vier ietermagô-velle. Hy het die velle probeer wegsteek toe owerhede om vang. Op Outapi is ‘n onwettige Angolese immigrant, 37 jaar oud, gearresteer nadat hy in besit van ‘n stuk ivoor gevind is. Die ondersoek duur voort in beide gevalle en daar word verwag dat die twee vandag voor die hof sal verskyn.