Twee van Namibië in Afrika Amateur Gholfkampioenskap naweekspel

Twee Namibiese gholfspelers uit ‘n groep van vyf het daarin geslaag om die naweek verder in die eerste Afrika Amateur Gholfkampioenskap te speel. Met spelers buite die top-40 posisies wat die afsnypunt mis, is Stefanus Bonifatius van Windhoek Gholfklub en Kyle Johnson van Walvisbaai Gholfklub steeds in die prentjie. Bonifatius se tweedaagse totaal van 157 plaas hom in gesamentlike 37ste posisie, terwyl Kyle Johnson ook gelykop is vir die 37ste posisie. Kevin Wentzel het gelykop in die 58ste plek geëindig, Todd Parker gelykop vir 58ste plek en Walter Heibeb gelykop in die 68ste plek. Die kampioenskap word by die Leopards Creek-gholfbaan in Mpumalanga gespeel.