Twee uit drie kinders het nie genoeg kos om te groei nie

Unicef werk saam met die Stigting vir die Kinderbeleggingsfonds om behandeling weens wanvoeding wêreldwyd te befonds. ‘n Skokkende twee uit drie kinders tussen die ouderdomme van ses maande en twee jaar kry nie die gebalanseerde dieet wat nodig is om gesond te groei nie. Dit maak hulle vatbaar vir wanvoeding. Unicef se uitvoerende hoof Henrietta Fore sê konflik, klimaatsverandering, en die Covid-19-pandemie belemmer vordering in die bekamping van wanvoeding onder kinders: