Twee SA o.18-spanne vir Internasionale Rugby-reeks aangekondig

Rugby: Twee Suid-Afrikaanse Onder-18-spanne, bestaande uit 26 spelers elk, is aangekondig om later vandeesmaand in ʼn Internasionale Reeks tussen vier spanne teen hulle Franse en Engelse eweknieë te staan te kom. Al ses wedstryde sal by Paarl Gimnasium in die Wes-Kaap gespeel word. SA Rugby se direkteur van rugby, Rassie Erasmus, sê hierdie wedstryde vorm ʼn belangrike deel van die pad vorentoe vir die ontwikkeling van elite spelers. Die spelers begin volgende week in Stellenbosch met hul voorbereidings.