Twee SA mans met 17 renosterhorings vasgetrek

Twee Suid-Afrikaanse mans, onder wie ‘n amptenaar van die Noordwes se departement van omgewingsake, sal Maandag in die landdroshof in Mmabatho verskyn nadat hulle glo met 17 renosterhorings betrap is. Hulle was besig om die horings van die Noord-Kaap na Noordwes te vervoer toe hulle in hegtenis geneem is. Die twee word ook daarvan verdink dat hulle permitvoorwaardes in beide provinsies oortree het. Die mans besit glo ‘n veiligheidsmaatskappy en daar is beslag gelê op die voertuig waarin die twee vasgetrek is.