Twee nuwe (groot) dinosourusse gevind

Fossiele is op die strande van die Isle of Wight in Brittanje gevind wat toon dat twee massiewe dinosourusse in die gebied woonagtig was en op die strande gejag het. Dit was 127 miljoen jaar gelede. Volgens die wetenskaplikes toon die fossiele dat die twee vleisvreters elk ongeveer nege-meter lank was met krokodil-tipe bekke, vol skerp tande. Die een word as Ceratosuchops inferodios beskryf, wat basies ‘n gehoringde krokodil-gevreet hel-reier beteken, en die ander een is Riparovenator milnerae, wat vertaal tot Milner se rivieroewer jagter. Dié een is vernoem na die Britse paleontoloog Angela Milner, wat in Augustus oorlede is. Die twee dinosourusse sou ongeveer een tot twee ton elk geweeg het met skedels net minder as ‘n meter lank. Die navorsing is in die vaktydskrif Scientific Reports gepubliseer.